Angebote zu "Geheim" (8 Treffer)

Kategorien

Shops

Glipstroom
21,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Maja moet probeer aanpas by die lewe in 'n padkamp in die Caprivi ná haar man, 'n ingenieur, daarheen verplaas word. Hul verhouding word vertroebel deur Louis se onvermoë om sy weermagervarings te verwerk en die spanning in die kamp, waar die druk van spertye en die klomp mans wat met hulself opgeskeep sit, soms hand uitruk. Maar Maja het ook 'n geheim wat sy vir Louis wegsteek. Slegs Phineas, die ou opsigter by die padkamp, weet iets daarvan, en in hom vind Maja 'n onverwagte vertroueling en vriend. Voor sy by Louis aangesluit het, het Maja dikwels weke alleen agtergebly in die Soutpansberg-omgewing waar hulle gewoon het. Dis in daardie alleentye wat sy 'n vriendskap aanknoop met Alex, 'n diepsinnige kunstenaar en die teenoorgestelde van die beneukte Louis. In die Caprivi is Maja dikwels op haarself aangewese en moet sy haar lewe en besluite in oënskou neem om haar pad vorentoe te vind.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
Op 'n dag, 'n hond
24,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Die liggaam is nie jou vyand nie, het hy begin. Ons leef dubbeld, die bewussyn en die liggaam, die een lewe is weggesteek in die ander een. Hulle is een, maar soms moet die een die knie voor die ander een buig . . . Die geheim lê by aanvaarding, aanvaar dat ons twee keer onsself is. Oplaas 'n nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. In 'n klein tuinwoonstelletjie sit en luister 'n oudonderwyser een stormagtige aand na 'n vrou wat met heimwee sing van 'n rivier in 'n ander land, van die verlies van 'n vaderland, en van 'n koesterende wêreld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag . . . Dat die verlede 'n manier het om jou spoor te volg, en jou te dwing terug na waar alles begin het. Op 'n dag, 'n hond is 'n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en weerspieël eindelik 'n merkwaardige insig in die mens se lot. Dit is 'n aangrypende roman en word, soos altyd, gekenmerk deur Miles se aweregse humor.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
In stede van die liefde
29,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Dié roman is 'n wydlopende werk wat hom veral in Seepunt, Stellenbosch en Matjiesfontein afspeel. Maar die kring word wyer getrek om onder meer verskeie Europese lande en Zimbabwe in te sluit. Seepunt en Stellenbosch is die ruimtes waarin veral een van die hoofkarakters, Christian, beweeg. Hy is 'n internet-kunshandelaar van beroep, maar hy soek iets méér in die lewe; deel van sy bestaan word geheim gehou van sy gesin... soos byvoorbeeld sy kokaïne-verslawing, en sy woonstel in een van Seepunt se meer obskure buurte. Sedert verskeie hartomleidings, en ook nadat hy deur Kaapse bendelede geteiken is, het sy lewe toenemend gekompliseerd - én interessant - begin raak. Ewe enigmaties is sy vrou, Christine, wie se vreemde verlede voortdurend op haar hede bly inspeel. En op Matjiesfontein is daar 'n amper magiese wedvlugduif-kultuur, wat soos 'n goue draad deur daardie sameleweling loop. Eksentrieke maar uiters geloofwaardige karakters kom hier aan die bod. Daar is bv. die geheimsinnige hotelbestuurder, selfopgeleide hipnotis, wat verskillende personas bevolk: hy is Arendjan, Raspoetin, Rudyard Kipling. Al die hoede pas. En Miss Edelweiss, musiekonderwyseres wat die vlaktes met haar metaalverklikker bewandel. En Johnny, die deurwag met die immer-wit handskoene, wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Op vernuftige wyse word die twee verhaallyne met mekaar versoen, onder meer deur die bruin meisie Saartjie... sy wat eendag 'n viool optel en asof besiel daarop begin speel. Daar en dan word sy herdoop tot 'Snaartjie', en haar lewe word onlosmaaklik verstrengel met die ander Matjiesfonteiners s'n. Wanneer sy ontvoer word - of het sy weggeloop? - begin 'n intrige ontvou wat al drie ruimtes in die storie op vernuftige wyse oormekaar laat skuif. Van Heerden se roman is 'n absolute kragtoer, en beloof om 'n baie wye leesgehoor te trek.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
Op 'n dag, 'n hond
23,60 € *

Anbieter: Thalia AT
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
In stede van die liefde
25,49 € *

Nooit is 'n lang, lang tyd
23,49 € *
ggf. zzgl. Versand

Uiteindelik, 'n nuwe boek deur die skrywer van Dis ek, Anna, nou onder haar eie naam! Dis 'n lekker-lekkerleesroman oor drie vriendinne wat saam gaan vakansie hou langs die see. Net om agter te kom elkeen van hulle bewaar al jare lank 'n geheim wat die ander nie dúrf weet nie . . .

Anbieter: Thalia AT
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
Glipstroom
17,99 € *
ggf. zzgl. Versand

Maja moet probeer aanpas by die lewe in 'n padkamp in die Caprivi ná haar man, 'n ingenieur, daarheen verplaas word. Hul verhouding word vertroebel deur Louis se onvermoë om sy weermagervarings te verwerk en die spanning in die kamp, waar die druk van spertye en die klomp mans wat met hulself opgeskeep sit, soms hand uitruk. Maar Maja het ook 'n geheim wat sy vir Louis wegsteek. Slegs Phineas, die ou opsigter by die padkamp, weet iets daarvan, en in hom vind Maja 'n onverwagte vertroueling en vriend. Voor sy by Louis aangesluit het, het Maja dikwels weke alleen agtergebly in die Soutpansberg-omgewing waar hulle gewoon het. Dis in daardie alleentye wat sy 'n vriendskap aanknoop met Alex, 'n diepsinnige kunstenaar en die teenoorgestelde van die beneukte Louis. In die Caprivi is Maja dikwels op haarself aangewese en moet sy haar lewe en besluite in oënskou neem om haar pad vorentoe te vind.

Anbieter: Thalia AT
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot

Ähnliche Suchbegriffe