Angebote zu "Hart" (15 Treffer)

Kategorien

Shops

Die gasheer van Drakeneiland [The Host of Drago...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

In Afrikaans. Vyf vreemdelinge kry ’n aanbod: Gaan hou ’n maand lank vakansie op ’n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk ’n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? ’n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland. Aanvanklik ’n avontuur, weldra ’n nagmerrie in die hart van die hel – dis Gasheer van Drakeneiland. Wat soek ’n laboratorium in ’n grot in die middel van nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net ’n stem oor ’n luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit? Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol? Héérlike luisterstof, voorgelees deur die stemkunstenaar Frieda van den Heever. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Frieda Van den Heever. http://samples.audible.de/bk/nbps/000010/bk_nbps_000010_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
13 Uur , Hörbuch, Digital, 1, 743min
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Uiteindelik is dié blitsverkoper nou ook as luisterboek beskikbaar! Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het.Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ʼn jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ʼn spesiale dag wees: Die begin van ʼn nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ʼn groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering.‘Kaptein Bennie Griessel'. Dit klink vir hom reg.Behoort ʼn redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ʼn groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red.Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sê vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ʼn oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het?Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ʼn rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde'.En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing. 1. Afrikaans. Nic De Jager. http://samples.audible.de/bk/nbps/000021/bk_nbps_000021_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
13 Uur
36,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ¿ dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Bennie Griessel neem die spoor. Maar net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle hom. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Klara
22,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die Witlokasie moes gaan woon, toe was alles verby. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom - Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met 'n halwe Duitser te trou en landuit te vlug - maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry. Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. En ná hoeveel jaar ook los van Hannes aan wie haar hart verbind geraak het soos 'n lusernland aan 'n leivoor. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat Klara agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense. Klara is 'n verhaal met 'n onweerstaanbare aardsheid. Onheilig snaaks maar ook hartverskeurend. Dis nie aldag dat 'n mens jou só kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
My geliefde dorp
2,00 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Galati Mamertino is 'n klein berg dorpie gelee in die park van Nebrodi, waar die geskiedenis uit die mure sypel, en dit is net 'n klein deel van my dorp se geskiedenis wat ons herleef. Deur twintig kortverhale van ryk lewendige karakters, hewige reuke en smake dra die skrywer 'n fresko van sy jeug gedip in oordeelkundige fiksie en werklikheid aan ons oor. Deur hierdie bladsye blyk die swak stem van die Suide, 'n gedempte stem van die doodsheid van onderwerping en melancholie, maar ook liefde vir 'n lang verlede tyd, van 'n swak bloed en aarde, uitgeput en gewond deur die plae van armoede, onreg en van emigrasie, maar steeds lewendig in die geheue van diegene wat dit verlaat het. En hierdie herinneringe is vas geheg aan die gees en le in die hart soos 'n emosionele oorblyfsel wat oorloop in die vorm van woorde, gedagtes en beelde van 'n tyd, 'n dag of 'n oomblik wat beleef is en jou nog kan opgewonde laat.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Helene De Kock Omnibus 10
19,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Twee vroeë romans deur een van ons gewildste skrywers. In albei verhale is die milieu die Vrystaatse Riemland-omgewing. Ver vlug na môre vertel van Eugene Basson wat na Europa reis om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Projek Apex
3,00 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Wat as die mens se eerste kennis die resultate van sy eie verwoesting beteken? Van die beste verkoper van die Whisper Trilogy kom die nuwe boek. Richard Draven is 'n wetenskaplike wat geintreseerd is in die helende einskappe van spesies en die oordrag aan die mensdom. toe hy 'n nuwe aapspesie ontdek met regenerasie vermoee, het hy geen idee wat se kettingreaksie sy verslag tot gevolg sou he nie. ses jaar later, is Draven se navorsing in die praktyk gebruik.Die regering het 'n virus gemaak wat op die mens gebruik is. Sy funksie- om die weermag sterker, vinniger en beter te maak om die konflik globaal te verbeter. iets was egter nie pluis nie. verskeie verslae en getoon dat die virus 'n snaakse uitwerking op die mense het wat daaraan bloodgestel is, en het die mense in beheer baie senuweeagtig gemaak. Soos die Apex groep kontak verbreek en nie meer bevele gehoorsaam nie, en die regering onraad vermoed. Joshua Cook was die alpha, die eerste wat aan die virus bloodgestel is en suksesvol gebind het. Joshua was moeg vir die mensdom, moeg vir hulle vernietigende natuur. Hy het 'n plan, een om die bord skoon te maak en die minder gegoede inwoners van die aarde te vee, en dan te vervang met sy eie volk. Soos die diepte van Joshua aan die regering duidelik raak is hulle genoodsaak om hulle tot Richard Draven te wend om 'n mannier te kry om Joshua se groeiende weermag te stuit voor hy die mensdom van die aarde kan uitwis. In die tradisie van skrywers soos Micheal Crichon, Joe Hart en James Patterson, is Projek Apex 'n spanningsvolle, globale riller, wat plaas vind oor verskeie lande met gevlegte tydlynne, van die regeringstaat Washington, tot die gopse van Mumbai en die brandende hitte van die Irakkiese woestyn, Projek Apex bied kleurvolle kerakters, met hulle eie motivering en hoofreded wat 'n storie vertel van menslike konflik wat tydens 'n globale gebeurtenis terugval na die primitiewe wat onderdruk was deur gemeenskap sos die wereld om hulle verkrummel

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Kongo!
5,10 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Hierdie boek vertel die verhaal van Whitney, 'n avontuurlustige 10-jarige dogtertjie wat daarvan hou om raaisels op te los. So mnoet sy ook haar lewensraaisel oplos en uitvind waar haar hart lê. Dit alles word bepaal deur haar liefde vir haar ouers, maats en broers.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
13 Uur
26,99 € *
ggf. zzgl. Versand

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ¿ dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Bennie Griessel neem die spoor. Maar net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle hom. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Anbieter: Thalia AT
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot