Angebote zu "Lewe" (82 Treffer)

Kategorien

Shops

Kamphoer (eBook, ePUB)
7,99 € *
ggf. zzgl. Versand

Dit is die Eerste Wêreldoorlog. In 'n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is 'n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos 'n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is 'n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het . . .? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos 'n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. _x000D_ _x000D_ Kamphoer is die ware verhaal van 'n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van 'n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in 'n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was._x000D_ _x000D_ In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is 'n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Anbieter: buecher
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot

Die blou van onthou [The Blue Remembered] , Hör...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Hierdie publikasie van Marita van der Vyver is ʼn wydstromende rivier van ʼn roman, ʼn boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings. Die verhaal word vertel vanuit die perspektief van drie opeenvolgende generasies – drie vroue wat reageer op mekaar en hul tyd. Hulle lewe in spanning, tussen weggaan en moet bly, en tussen vergeet en móét onthou, omdat onthou die enigste skakel is wat hulle nog met die oerbron van hul bestaan verbind. Dié skakel in die verhaal word verskaf deur Colette Cronjé, die oudste van die vroue wat as t' ware na die oorsprong teruggedwing word wanneer sy ʼn brief ontvang van haar lank verlore kleindogter, Tina. Deur dié onverwagse kontak begin Colette onthou, en sy begin vertel, want Tina is op die spoor van die familiegeskiedenis – en onderweg na Portugal, waar alles begin het. ʼn Leeftyd lank het Colette dit reggekry om daardie vroeë episode te verdring. Nou word sy gedwing om dit wat sy destyds so jubelend in haar joernaal beskryf het, opnuut in herinnering te roep. Sy word weer gekonfronteer deur Tina se biologiese ma, háár dogter, se desperate verset teen haar herkoms, haar kultuur, die land se politieke bestel. En dit ruk haar terug na die omstandighede wat haar jare gelede alle kontak met haar kleinkind ontneem het. Wanneer haar ouers kort ná mekaar sterf, spoor Tina haar bejaarde ouma op en laat haar vertel: Van Portugal. Van haar dogter, Nandi, wie se verset so ver gestrek het dat sy haar kind laat aanneem het en alleen oorsee is om te sterf. En die verhaal wat sy hoor, laat Tina besluit om terug te loop op die spore… in die hoop om haar herkoms op sy felste te belig. Die blou van onthou is deels ʼn Afrikanergeskiedenis, deels die geskiedenis van ʼn bepaalde familie. Marita van der Vyver laat jou vir hierdie familie soveel omgee dat hulle geskiedenis ten slotte voel soos jou eie – deur nuwe oë gesien. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Language: English. Narrator: Anna-Mart van der Merwe. Audio sample: http://samples.audible.de/bk/nbps/000025/bk_nbps_000025_sample.mp3. Digital audiobook in aax.

Anbieter: Audible
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
Eens… [Once...]: Verhale, Mites en Legendes van...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Feërie het geheime...Liefde of familie?Jamie MacKinnion neem die moeilikste besluit van sy baie lang lewe en die hele Feërie voel die toorn en hartseer van die Feëkoningin.Kan Feërie en die inwoners daarvan ‘n magtige heerser se pyn uitgedruk in natuurrampe oorleef? Selfs al kan hulle dit doen, beraam die Donker Koning planne van sy eie en daar kan nie vertrou word dat Alleenloper Feë in vrede kan leef nie. Namate Feërie verder in skerwe spat en die lewens van sterflinge en feë nog meer verweef word, word die lyne tussen wat reg is en wat maklik is, vaag vir selfs die beste van hulle. En niks is soos dit lyk nie.Nooiens in nood, vloeke, eggo’s van feëverhale en tragiese liefdesverhoudings draai saam in sestien verhale wat in ‘n draak se houplek gevind is deur ‘n nuuskierige half-feë. Ontdek hul geheime en betree die ryk van die feë. Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop! Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Anél Pieter Hamersma. http://samples.audible.de/bk/aslf/000520/bk_aslf_000520_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
Hoonlag van die Duiwel (eBook, ePUB)
2,99 € *
ggf. zzgl. Versand

Owen Willard, desperaat om 'n suksesvolle skrywer te word, is selfs bereid om sy lewe op die spel te plaas in ruil vir sukses. Hy ontmoet 'n kulkunstenaar in Nice wie se beeldskone metgesel aan hom 'n belofte tot sukses maak mits hy sy siel soos Faust van ouds aan hulle sal gee. In 'n staat van roekelose brasserny en oorweldig deur haar skoonheid, stem hy in. Sukses volg, maar so ook die skadu van vroeëre psigotiese episodes. Terwyl hy besig is met sy Magnus Opum, tref skrywersblok hom soos 'n voorhamer en onthou hy vir die eerste keer sy belofte. Hy word gedwing om boete te gaan doen in Baviaanskloof-wildernis. Hier wag 'n oud-minnares hom in en na 'n stomende liefdesnag versleg sy situasie en word hy 'n dure les geleer. PS: Nie vir slaapwandelaars, vromes van hart en fundamentaliste nie!!

Die swerfjare van Poppie Nongena [The Long Jour...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Die swerfjare van Poppie Nongena het by verskyning in November 1978 die gemoed van die hele land beroer. Binne vier maande is dit drie keer herdruk. Dit is in 1979 met die Luyt-, die CNA- en die W.A. Hofmeyr-prys bekroon. In 1981 is dit deur die Royal Society of Literature in Londen aangewys as die beste streekroman wat in Engels verskyn het; Elsa Joubert word ook ‘n Fellow van die Society. Sedertdien is die roman vertaal in Frans, Spaans, Duits, Nederlands en Italiaans. In 1985 het ‘n Amerikaanse uitgawe verskyn. Hoë lof is van kritici ontvang. Audrey Blignault het die betekenis van die roman só saamgevat: "n Aangrypende, onvergeetlike boek wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk." André P. Brink het dit in Rapport as die boek van die jaar in die Afrikaanse prosa uitgesonder: "'n Visioen van menslike gevangeneskap... Ontstemmend en indrukwekkend... Verpligte literatuur vir elke mens wat oor hierdie land wil saampraat. "Oorsee het die gesaghebbende Sunday Times Literary Supplement ‘n entoesiastiese bespreking van die roman geplaas. En The Times se resensent skryf: "(The novel) unfolds with the inexorable force of a Greek tragedy." As voorhoogstuk was Poppie eweneens suksesvol. Dit is in sowel Afrikaans as Engels landwyd opgevoer. In New York is dit eers in ‘n eksperimentele teater aangebied; daarna het dit as Off Broadway-opvoering die Obi-toekenning verwerf vir die beste dramateks. Dit is gekies vir die Edinburgh-toneelfees, en later ook in Londen opgevoer, waar Thuli Dumakude as Poppie die gesogte Olivier-prys verower het. Vervolgens is dit opgevoer in Australië, Kanada en Chicago. Die skryfster self sê oor dié suksesverhaal: "Die lewe van die werklike Poppie het my diep geraak, en my beklem. Hier was ‘n vrou, magteloos vasgevang in ‘n onmenslike sisteem, wat veg vir die bestaan van haar gesin. Deur die boek wou ek aan haar ‘n stem gee." Please note: This audiobook 1. Language: English. Narrator: Theresa Sedras. Audio sample: http://samples.audible.de/bk/nbps/000023/bk_nbps_000023_sample.mp3. Digital audiobook in aax.

Anbieter: Audible
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
Katryn
17,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Hierdie aangrypende roman oor 'n ongeletterde Nama-vrou van die Richtersveld speel af in die 1950's. Katryn Jonis word van moord aangekla, maar sy kom agter die pro deo advokaat glo nie in haar onskuld nie en besluit dan om haar eie verdediging in die hof te behartig. Die vindingryke en berekende wyse waarop die reguit en passievolle Katryn die waarheid uit die staat se getuies in die hof trek, boei die leser deurgaans. Daar is baie vrae: Wie het dan die moord gepleeg, en hoekom? Hoekom het Abraham Klink en sy familie die Jonis-familie deur die jare so getreiter? Want waar Katryn en Salmon ook al geboer en gewoon het op die walle van die Grootrivier - by Kortdoorn, by Grootderm - daar het die Klinke hulle op 'n slinkse manier skade berokken. Totdat Katryn op 'n dag gedryf word tot optrede met 'n vreeslike nadraai. Omring deur vyandige getuies veg sy vir haar lewe in 'n hof in Kaapstad.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot
Mense van my asem
11,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op 'n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat 'n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê - sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, 'n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Hierdie boek gee 'n boeiende - en soms skokkende - kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 29.09.2020
Zum Angebot