Angebote zu "Stories" (13 Treffer)

Kategorien

Shops

Jakkals en Wolf , Hörbuch, Digital, 1, 289min
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

’n Versameling Jakkals en Wolf-stories uit die verhaleskat van baasverteller, Pieter W. Grobbelaar. Skelm Jakkals sal nie skroom om arme ou Wolf aan die pen te laat ry nie. En Wolf leer ook nie sy les nie, maar trap elke keer weer in die spreekwoordelike slagyster wat Jakkals vir hom stel. Stories vol humor, maar ook waardevolle lewenslesse wat geleer word uit die manewales van dié twee geliefde karakters. Dit word voorgelees deur die briljante stemkunstenaar Johann Nel. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Mr Johann Nel. http://samples.audible.de/bk/nbps/000005/bk_nbps_000005_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
In die land van pamperlang , Hörbuch, Digital, ...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Dié bundel met klassieke verhale vir kleintjies is nou ook as luisterboek beskikbaar!'n Bundel van vyf-en-twintig stories vir kleintjies van so vier tot sewe jaar. Dit bevat klassieke feëverhale soos Wolf en die drie ottepotte, Jan en die boontjierank, Die skoenmaker en die kabouters, Drie rammetjies-rof, Doringrosie, Die lelike eendjie, Gouelokkies, Aspoesterjie, e.a. Daar is ook heerlike inheemse verhale soos O likkie, o lalie, Sipho en die ryprooi Amathungulu, Doederomandro, Die ploempserige, plompserige ding, e.a. Die stories is verwerk deur die bekende en bekroonde Linda Rode, wat as die doyenne van kinderliteratuur bekend is. Elke storie is net vyf-minute lank. Dus baie geskik vir aandstories en of beginner-lesers. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Roelien Daneel, Anrich Herbst, Susanne Beyers. http://samples.audible.de/bk/nbps/000016/bk_nbps_000016_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Vasgekeer: En Ander Glimlag Stories
3,00 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Egte Suid-Afrikaanse humor op sy beste! Of jy steeds in SA is of dalk oorsee bly, daar's niks lekkerder as 16 stories in Afrikaans om jou te laat ruk soos jy lag nie. Inhoud: 'Vasgekeer!' 'Waar Leeupan sy Naam Gekry het' 'Drie Duiwels op 'n Draak' 'Engel Gabriël se Koets' 'Daan Droomland' 'Dominee en die Aartappel' 'Die Lang Wag by Spookdrif' 'Lyf, Lyf, Staan Styf' 'Blink Ben' 'Om Vas, Vry en Bly te Kan Wees' 'Die Antie by Toonbank 13' 'Deksel vir 'n Skewe Pot' 'Dis 'n Mielieplesier' 'Oom Gert Grootpraat se Winter' 'Om te Serve en te Protek' 'Boesman se Selfoon' Hierdie sal die eerste van vele Bennie Olivier bundels wees. Moenie ons Engelse boeke misloop nie. Met trots aangebied deur Crystal Lake Uitgewers

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Recce-resepte
22,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg? Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinninge Spesiale Magte-operaters. Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit 'n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur versaf en selfs hoe om 'n leeu kaalhand van 'n karkas te verjaaf. Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland. Hulle verklap boonop hul unieke filosofie - bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding! Of staan opsy, want die Recces kom verby ... WAARSKUWING: Hoewel die meeste resepte eetbaar is, moet sommige nooit, ooit herhaal word nie.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Vroee lesers: Vlak 1 sigwoord-boek - 7 maklik l...
3,00 CHF *
ggf. zzgl. Versand

As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar.Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy 'n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool.Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur 'n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind 'n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar.Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy 'n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool.Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur 'n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind 'n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Mediterreense herinneringe
27,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Die stories uit Fado, Brink se reisvertellings oor Portugal, is 'n bonusbydrae tot die e-uitgawe van hierdie boek. Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande - Italië, Spanje, die suide van Frankryk en Portugal: Sempre diritto (1963), Olé (1965), Midi (1969) ) en Fado (1970). Hierdie keur sluit in baie leesbare verhale wat steeds iets weerspieël van daardie 'eerste vroeë opgetoëndheid oor 'n wêreld wat nog gelê en wag het om in Afrikaans ontdek te word', soos Brink dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is speels en ook indringend.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Solank verlange die sweep swaai
14,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is 'n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklas-weergawe van die menslike toestand. Dit gaan oor die 'roaring 40s' en die eerste onheilspellende tekens van middeljarigheid, oor egskeiding, enkelvaderskap, ontnugtering, 'n geliefde ma wat by die dood omdraai en die skrikwekkende relevansie van gruwelrolprente en popkultuur. Die geweld van die liefde en die verraderlike lugspieëlings van die digkuns is deurlopende temas. Solank verlange die sweep swaai is die woorde van iemand wat sy vertroue in die woordkuns verloor het, maar aanhou skryf omdat dit die enigste vorm van psigiese selfverdediging is wat hy min of meer verstaan. Dis die steierende gedagtes van 'n man wat dronkgeslaan word deur sy eie alledaagse stories uit 'n lewe wat al sy pogings tot begrip en filosofiese beskouing uitdaag en ondergrawe.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Recce-resepte
18,99 € *
ggf. zzgl. Versand

Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg? Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinninge Spesiale Magte-operaters. Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit 'n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur versaf en selfs hoe om 'n leeu kaalhand van 'n karkas te verjaaf. Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland. Hulle verklap boonop hul unieke filosofie - bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding! Of staan opsy, want die Recces kom verby ... WAARSKUWING: Hoewel die meeste resepte eetbaar is, moet sommige nooit, ooit herhaal word nie.

Anbieter: Thalia AT
Stand: 15.07.2020
Zum Angebot
Solank verlange die sweep swaai
12,49 € *