Angebote zu "Verhale" (17 Treffer)

Kategorien

Shops

In die land van pamperlang , Hörbuch, Digital, ...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Dié bundel met klassieke verhale vir kleintjies is nou ook as luisterboek beskikbaar!'n Bundel van vyf-en-twintig stories vir kleintjies van so vier tot sewe jaar. Dit bevat klassieke feëverhale soos Wolf en die drie ottepotte, Jan en die boontjierank, Die skoenmaker en die kabouters, Drie rammetjies-rof, Doringrosie, Die lelike eendjie, Gouelokkies, Aspoesterjie, e.a. Daar is ook heerlike inheemse verhale soos O likkie, o lalie, Sipho en die ryprooi Amathungulu, Doederomandro, Die ploempserige, plompserige ding, e.a. Die stories is verwerk deur die bekende en bekroonde Linda Rode, wat as die doyenne van kinderliteratuur bekend is. Elke storie is net vyf-minute lank. Dus baie geskik vir aandstories en of beginner-lesers. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Roelien Daneel, Anrich Herbst, Susanne Beyers. http://samples.audible.de/bk/nbps/000016/bk_nbps_000016_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Eens… [Once...]: Verhale, Mites en Legendes van...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Feërie het geheime...Liefde of familie?Jamie MacKinnion neem die moeilikste besluit van sy baie lang lewe en die hele Feërie voel die toorn en hartseer van die Feëkoningin.Kan Feërie en die inwoners daarvan ‘n magtige heerser se pyn uitgedruk in natuurrampe oorleef? Selfs al kan hulle dit doen, beraam die Donker Koning planne van sy eie en daar kan nie vertrou word dat Alleenloper Feë in vrede kan leef nie. Namate Feërie verder in skerwe spat en die lewens van sterflinge en feë nog meer verweef word, word die lyne tussen wat reg is en wat maklik is, vaag vir selfs die beste van hulle. En niks is soos dit lyk nie.Nooiens in nood, vloeke, eggo’s van feëverhale en tragiese liefdesverhoudings draai saam in sestien verhale wat in ‘n draak se houplek gevind is deur ‘n nuuskierige half-feë. Ontdek hul geheime en betree die ryk van die feë. Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop! Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Anél Pieter Hamersma. http://samples.audible.de/bk/aslf/000520/bk_aslf_000520_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Plante kan praat
18,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Oplaas weer 'n kortverhaalbundel (van sowat vyftien verhale) deur die veelsydige en bekroonde skrywer, Jeanne Goosen.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Die Beste verhale van Eugène N. Marais
23,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Die enigmatiese digter, verteller en wetenskaplike Eugène N. Marais bly een van die boeiendste en raaiselagtige figure in die Afrikaanse letterkunde. Vir elke leser wat sy pragtige gedig 'Winternag' of die weergalose Dwaalstories ken, is hy die skrywer van werke wat jou lank bybly. In hierdie bundel verskyn die skrywer se beste en mees onderhoudende kortverhale, soos uitgesoek deur Merwe Scholtz. Soos Marais se lewe self, wentel die meeste van hierdie verhale om raaisels. Baie van hulle is trouens speurverhale. Hierdie boek is die perfekte geskenk vir lesers van alle ouderdomme.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Mediterreense herinneringe
27,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Die stories uit Fado, Brink se reisvertellings oor Portugal, is 'n bonusbydrae tot die e-uitgawe van hierdie boek. Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande - Italië, Spanje, die suide van Frankryk en Portugal: Sempre diritto (1963), Olé (1965), Midi (1969) ) en Fado (1970). Hierdie keur sluit in baie leesbare verhale wat steeds iets weerspieël van daardie 'eerste vroeë opgetoëndheid oor 'n wêreld wat nog gelê en wag het om in Afrikaans ontdek te word', soos Brink dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is speels en ook indringend.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Helene De Kock Omnibus 10
19,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Twee vroeë romans deur een van ons gewildste skrywers. In albei verhale is die milieu die Vrystaatse Riemland-omgewing. Ver vlug na môre vertel van Eugene Basson wat na Europa reis om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Die Krag van Middernag Gebed
10,10 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Hierdie boek, 'Die Krag van Middernag Gebed', sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van A rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en A deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad A baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as A ongelooflike boek beskryf.In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word l Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel?Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het - direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende A vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was?Weet jy van die vyand se oorlog strategie teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel?Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal A vrou die o van A kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal A man met A klein seuntjie slaap en hom for

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Maar wie snoei die rose in die nag?
17,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Abraham de Vries vermom sy 'kontreiverhale' soms as 'ernstige verhale' en sy ernstige verhale as kontreiverhale. Vir die toegewyde De Vries-leser maak dit weinig verskil. In 'n vertroude vertellerstem, 'n stem wat byna uniek is in Afrikaans, word die leser herinner aan die verstrengeldheid van die magiese en aardse van ons lewens. Die verhale gaan onder meer oor spoke en vendusies, oor 'n nuwe lig op die bekende Stanley de Wit se ster teen die berg, die verteller se onpaar ooms, 'n vreemde begrafnis, die rol van toeval. Daar is die herkenbare maar ook die misterieuse. Verhale van hartseer en humor, lokkende geheime, vreemde karakters, triekster-elemente. Nuwe kortverhale deur 'n meester van die genre.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Sing ons nou van Kersfees
3,00 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Kersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie. Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.* Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin! * Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot