Angebote zu "Waarheid" (18 Treffer)

Kategorien

Shops

Kroniek van de Waarheid en Versoeningskommissie
42,99 € *
ggf. zzgl. Versand

Kroniek van de Waarheid en Versoeningskommissie ab 42.99 EURO Op reis deur die verlede en die hede na die toekoms van Suid-Afrika

Anbieter: ebook.de
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
'n Droe Wit Seisoen
26,90 CHF *
zzgl. 3,50 CHF Versand

Hierdie roman oor die dood van 'n swart man in aanhouding is in 1979, kort na publikasie, vir 'n tyd lank verbied. Die hoofkarakter is 'n doodgewone man wie se sin vir regverdigheid geskok word deur die gebeure, en hy probeer om agter die waarheid te kom.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Katryn
17,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Hierdie aangrypende roman oor 'n ongeletterde Nama-vrou van die Richtersveld speel af in die 1950's. Katryn Jonis word van moord aangekla, maar sy kom agter die pro deo advokaat glo nie in haar onskuld nie en besluit dan om haar eie verdediging in die hof te behartig. Die vindingryke en berekende wyse waarop die reguit en passievolle Katryn die waarheid uit die staat se getuies in die hof trek, boei die leser deurgaans. Daar is baie vrae: Wie het dan die moord gepleeg, en hoekom? Hoekom het Abraham Klink en sy familie die Jonis-familie deur die jare so getreiter? Want waar Katryn en Salmon ook al geboer en gewoon het op die walle van die Grootrivier - by Kortdoorn, by Grootderm - daar het die Klinke hulle op 'n slinkse manier skade berokken. Totdat Katryn op 'n dag gedryf word tot optrede met 'n vreeslike nadraai. Omring deur vyandige getuies veg sy vir haar lewe in 'n hof in Kaapstad.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Moer toe die vreemde in
18,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Of dit nou gaan oor sy ervaring as gids in die Visrivierskeurvallei in Namibië, sy ekspedisies na Kilimandjaro, sy besoek aan Timboektoe, of sy ander reise deur Afrika ... Johan Bakkes is 'n gebore storieverteller wat weet hoe om sy lesers mee te voer, hulle saam te neem na al die wonderlike plekke wat hy self al besoek het. Soos hy dit self stel: 'Ek is nie slim genoeg om strontstorietjies uit te dink nie - alles wat hier staan, is die reine waarheid, gesien deur my eie oë. Dis hoe dit moet wees, want dis die lewe ...'_x000D_ _x000D_ 'n Móét vir die avontuurlustige leser.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Bajesvolk
11,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Michail Chodorkovski laat de lezer in deze 21 portretjes niet alleen kennismaken met een aantal mensen die hij in de gevangenis ontmoette. De toon is laconiek, de verhalen zijn kort, soms ontroerend of hartverscheurend, maar tussen de regels door geeft hij een beeld van de gevangenismachinerie die draait op corruptie en geweld. De gevangenen zowel als de bewakers en rechercheurs zoeken hierin hun weg en maken hun keuzen. Zo verging het bijvoorbeeld Ljosja, veroordeeld voor doodslag: Enige tijd later krijg ik een disciplinaire straf en ik klaag de kampleiding aan. Dan kom ik erachter dat Ljosja als getuige opgeroepen wordt. Ik verwacht niet anders dan dat hij zal zeggen wat ze van hem verwachten. In het kamp zijn er legio manieren om iemand te 'overtuigen'. De rechtszaak vindt plaats. Alle 'belangrijke mensen' zijn aanwezig: de kampchef, het hoofd van de opsporingsafdeling, hun plaatsvervangers. De zitting wordt geleid door de voorzitter van de stedelijke rechtbank. Ljosja wordt opgeroepen. Hij is duidelijk angstig en in de war, hij hakkelt, maar spreekt de waarheid! Mijn advocaat en ik kijken elkaar aan, we begrijpen er niets van. Onze opponenten aan de overkant al evenmin. De rechter laat Ljosja gaan, hij loopt de deur uit en komt meteen weer terug. 'Die daar,' zegt Ljosja en wijst naar het hoofd van de opsporingsafdeling, 'gaf me twee pakjes sigaretten en zei dat ik moest liegen.' Ik kijk naar degenen die tegenover me zitten. De chef vertrekt geen spier, zijn ondergeschikte kleurt langzaam donkerrood. 'Maar ik ga niet liegen, ik heb de waarheid gesproken. Hier zijn de sigaretten.' Hij overhandigt de rechter een pakje L&M en bekent: 'Dat andere heb ik opgerookt. Zulke goeie heb ik nog nooit gehad.' Chodorkovski stelt zichzelf, de Russische maatschappij en justitie, maar ook de lezer regelmatig kritische vragen. Waar staan wij als het om onrecht gaat?

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Klara
22,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die Witlokasie moes gaan woon, toe was alles verby. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom - Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met 'n halwe Duitser te trou en landuit te vlug - maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry. Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. En ná hoeveel jaar ook los van Hannes aan wie haar hart verbind geraak het soos 'n lusernland aan 'n leivoor. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat Klara agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense. Klara is 'n verhaal met 'n onweerstaanbare aardsheid. Onheilig snaaks maar ook hartverskeurend. Dis nie aldag dat 'n mens jou só kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Ettie Bierman Keur 11
19,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

In 'n Stadsjapie vir Pafuri het al Janie se vriende haar gewaarsku dat sy 'n groot fout maak. 'Jy kan nie met 'n man trou wat jy skaars twee weke ken nie,' het hulle gesê. 'Leer hom eers beter ken . . . en leer eers sy omstandighede beter ken. Hoe sal 'n gebore Johannesburger dit in 'n eensame wildreservaat uithou, met net vlieë en slange vir geselskap?' Maar Janie het gedink dat sy beter weet. Theo was dan so 'n wonderlike man, so liefdevol en bedagsaam, en sy was so inniglik lief vir hom. Wat maak dit dan saak waar hy woon, solank sy net by hom kan wees? Dit duur nie lank voordat sy besef dat sy dalk na haar vriende se raad moes geluister het nie. Theo wat sy arm om haar gesit en mooi woordjies in haar oor gefluister het voordat hulle getroud is, is nie die Theo wat so vasgevang is in sy werk dat sy hom skaars sien nie. Sy leer 'n ander Theo ken: 'n sleggehumeurde man wat gedurig met haar rusie maak sonder dat sy verstaan waarom dit gaan. Gelukkig is Katinka daar om haar raad te gee en haar vriendin te wees, en dierbare Walt, Theo se neef wat 'n kunstenaar en 'n beskaafde man is. Hulle twee maak haar onaangename lewe 'n bietjie draagliker. In Benodig: 'n Vrou vir Braam besoek Belinda die historiese Graaff-Reinet op pad na die Kaap waar sy vakansie gaan hou. Soos elke toeris gaan neem sy foto's van al die ou geskiedkundige geboue en tot haar groot ontsteltenis ontmoet sy 'n dogtertjie wat in die kerk wegkruip. Die kind huil hartverskeurend en na geduldige ondervraging kom die waarheid uit. Die kind is bang vir haar pa en nou kruip sy hier in die kerk vir hom weg. Belinda is dadelik simpatiek en vind toe ook uit dat die kind se ma dood is, en dat haar pa haar nou kom haal om by hom te bly. Haar pa en ma is geskei en sy het by haar ma gebly, want haar pa is 'n slegte man en sy wil nie saam met hom gaan nie. Impulsief besluit Belinda om die kind se pleegma se toestemming te kry om haar saam te neem Kaapstad toe. Dié is maar te bly om van die kind ontslae te raak en die twee vertrek. Hulle is egter skaars op pad toe die dogtertjie agtertoe kyk en haar pa in 'n motor sien. Belinda besef dadelik dat hy hulle agtervolg en daar volg 'n verbete vlug af Kaap toe, om die kind te red van 'n pa met moordneigings. In Man in die donker is Senta Swiegers en haar man, kaptein Henk Swiegers van Jakaranda-lugdiens, op die punt om haar verjaardag te gaan vier toe Henk ontbied word om vir 'n medevlieënier op 'n oorsese vlug in te staan. Dit bederf die hele dag vir Senta en sy is woedend, maar min kon sy weet dat die ergste nog sou kom. Voor die einde van daardie dag word daar 'n moord gepleeg waarby sy betrek word . . . Sy was immers die laaste persoon wat die vermoorde, die sjarmante vrouejagter kaptein Don Metelerkamp, lewend gesien het voordat die donker figuur in die tuin toegeslaan het. Senta gaan deur die moeilikste tydperk van haar lewe - 'n tydperk waarin dit lyk of selfs haar man haar nie glo nie, want is hy nie maar té bewus van die verhouding wat daar vroeër tussen sy vrou en Don was nie?

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
Kringe in 'n bos
22,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is daar 'n legendariese olifantbul - Oupoot - wat losbreek van sy trop ... Oupoot en Saul het 'n vreemde band tussen hulle. In die groen skemerwêreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. 'n Man en sy dier-broer - saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Saul volg Oupoot se spoor, al nader aan die waarheid wat sy lewe vir altyd sal verander.

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot
'n Droë wit seisoen
23,90 CHF *
ggf. zzgl. Versand

'n Politieke roman oor die dood van 'n swart man in aanhouding in die sewentigerjare. As roman (aanvanklik verbied), en later as film, het 'n Droë wit seisoen 'n baken in die Suid-Afrikaanse literatuur geword. In die middel staan Ben du Toit, ''n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige mens'. Maar dan word sy ingebore sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en dié se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie 'n politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit 'n morele kwessie. Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde. Wanneer Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente, uitknipsels, verklarings, ens. - inligting wat hy teen die Veiligheidspolisie ingesamel het - aan 'n ou universiteitsvriend, 'n skrywer wat dit alles kan dokumenteer ... Sodat niemand hierna ooit durf sê: 'Ek het nie geweet nie.'

Anbieter: Orell Fuessli CH
Stand: 02.12.2020
Zum Angebot