Ihr Deur Shop

Lien se lankstaanskoene [Lien´s Long Standing S...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Hierdie gewilde én bekroonde jeugroman, onlangs as film uitgereik, is nou ook beskikbaar as luisterboek. Lien is die oudste kind in ‘n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa. Nou sit hy in die tronk, en haar ma, weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, begin al hoe meer drink. Vir Lien en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, herwin Lien vir haar ‘n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir ‘n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie. Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in ‘n vermomming op ‘n straathoek bedel, waar sy mense soos Roos en Tibbey leer ken. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Mareli Minnaar. http://samples.audible.de/bk/nbps/000011/bk_nbps_000011_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
Skoenlapper , Hörbuch, Digital, 1, 508min
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Uiteindelik: dié blitsverkoper is nou ook as luisterboek beskikbaar! Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê Dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang? Die aweregse karakters in hierdie spannende raaiselroman, sal gou ou vriende word. Die briljante polisieman Hamisi Habane word deur sy eie spoke voortgedryf, en vir Alex se IT-kontak, die petite Sarah Fourie van Pretoria-Wes, is geen inligting buite perke nie, solank sy haar ses blikkies Coke en haar rekenaar byderhand het. Short description/annotation: Uiteindelik: dié blitsverkoper is nou ook as luisterboek beskikbaar! Iewers naby Dar es Salaam ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf. Wanneer die lyk van ’n IT-biljoenêr na vloede op ’n strand uitspoel, blyk dit Ranna is met rede geheimsinnig oor haar verlede. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang? Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Stian Bam. http://samples.audible.de/bk/nbps/000018/bk_nbps_000018_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
13 Uur , Hörbuch, Digital, 1, 743min
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Uiteindelik is dié blitsverkoper nou ook as luisterboek beskikbaar! Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het.Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ʼn jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ʼn spesiale dag wees: Die begin van ʼn nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ʼn groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering.‘Kaptein Bennie Griessel´. Dit klink vir hom reg.Behoort ʼn redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ʼn groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red.Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sê vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ʼn oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het?Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ʼn rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde´.En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetst 1. Afrikaans. Nic De Jager. http://samples.audible.de/bk/nbps/000021/bk_nbps_000021_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
Rympies vir Pikkies en Peuters [Afrikaans Editi...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

ʼn Paar jaar ná die publikasie van Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh, word Gertie Smit, bekende opvoedkundige van Wellington, deel van die span. Hul nuwe bundel, Rympies vir Pikkies en Peuters, bied ʼn keurversameling verse vir die heel kleintjies (1 tot 3 jaar) en is sorgvuldig saamgestel volgens nasionale opvoedkundige vereistes. Vir opvoeders en versorgers in speelskole is hierdie bundel ʼn onmisbare bron en hulpmiddel, maar dit sal net so tuis wees by die huis as in die klaskamer. Die meer as 600 rympies deur 166 skrywers dek al die onderwerpe wat deel is van klein kinders se leefwêreld - in heerlike, maklike, sprankelende Afrikaans. Met sy pragtige volkleur-illustrasies is Rympies vir Pikkies en Peuters ʼn kosbare skat vir elke kleinding se boekrak! Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Language: English. Narrator: Joanie Combrink, Susanne Beyers. Audio sample: http://samples.audible.de/bk/nbps/000032/bk_nbps_000032_sample.mp3. Digital audiobook in aax.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
In die land van pamperlang , Hörbuch, Digital, ...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Dié bundel met klassieke verhale vir kleintjies is nou ook as luisterboek beskikbaar!´n Bundel van vyf-en-twintig stories vir kleintjies van so vier tot sewe jaar. Dit bevat klassieke feëverhale soos Wolf en die drie ottepotte, Jan en die boontjierank, Die skoenmaker en die kabouters, Drie rammetjies-rof, Doringrosie, Die lelike eendjie, Gouelokkies, Aspoesterjie, e.a. Daar is ook heerlike inheemse verhale soos O likkie, o lalie, Sipho en die ryprooi Amathungulu, Doederomandro, Die ploempserige, plompserige ding, e.a. Die stories is verwerk deur die bekende en bekroonde Linda Rode, wat as die doyenne van kinderliteratuur bekend is. Elke storie is net vyf-minute lank. Dus baie geskik vir aandstories en of beginner-lesers. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Roelien Daneel, Anrich Herbst, Susanne Beyers. http://samples.audible.de/bk/nbps/000016/bk_nbps_000016_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
Die Kunst der integrativen Atemtherapie als eBo...
24,49 € *
ggf. zzgl. Versand
(24,49 € / in stock)

Die Kunst der integrativen Atemtherapie:Ein Buch um das Leben von Therapeuten zu erleichtern und ihre Klienten zu inspirieren Tilke Platteel-Deur

Anbieter: Hugendubel.de
Stand: 08.08.2019
Zum Angebot
Die gasheer van Drakeneiland [The Host of Drago...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

In Afrikaans. Vyf vreemdelinge kry ’n aanbod: Gaan hou ’n maand lank vakansie op ’n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk ’n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? ’n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland. Aanvanklik ’n avontuur, weldra ’n nagmerrie in die hart van die hel – dis Gasheer van Drakeneiland. Wat soek ’n laboratorium in ’n grot in die middel van nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net ’n stem oor ’n luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit? Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol? Héérlike luisterstof, voorgelees deur die stemkunstenaar Frieda van den Heever. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Frieda Van den Heever. http://samples.audible.de/bk/nbps/000010/bk_nbps_000010_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
Leven en laten leven, Hörbuch, Digital, 1, 414min
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Een feest voor alle Hendrik Groen-fans, geschreven met zijn kenmerkende humor en scherpe observatievermogen.Arthur Ophof had zich het leven toch anders voorgesteld. In plaats van spectaculaire reizen te maken naar verre landen, staat hij vier keer in de week in de file van Purmerend naar Breukelen én in de file van Breukelen naar Purmerend. Groots en meeslepend kun je zijn uitgebluste, kinderloze huwelijk en zijn autovrije hofje voor de deur niet noemen. En hij wordt vijftig, dus de tijd begint te dringen.De vrijdagmiddagen met zijn drie vrienden zijn nog het enige hoogtepunt van de week. Maar als zijn werkgever hem ´helaas´ moet ontslaan en hij er een mooie ontslagvergoeding uit weet te slepen, openen zich onverwachts mooie perspectieven op een geheel nieuw leven... 1. Dutch. Kees Hulst. http://samples.audible.de/bk/edel/009839/bk_edel_009839_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
Plesierengel , Hörbuch, Digital, 1, 569min
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Tristan Hansen word die engel van plesier genoem - ´n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in ´n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Leon van Nierop. http://samples.audible.de/bk/nbps/000017/bk_nbps_000017_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
Die ander Marta [The Other Marta] , Hörbuch, Di...
9,95 € *
ggf. zzgl. Versand

Eleanor Baker se Die ander Marta het as tema die ´´dienende Marta” wat met al haar verborge verlangens en vrese aanhou om haar rol gedienstig te vervul, maar dan deur ʼn groot ingryping (hier grotendeels deur haarself geïnisieer) geleidelik bevry word. Die Marta van die titel is ʼn middeljarige boervrou wat op ʼn dag breekpunt bereik, die motor vat en wegry na die Weskus met die idee om ʼn einde aan alles te maak. Maar haar selfmoordpoging misluk en sy vind ʼn tydelike heenkome in ʼn eenvoudige klein vissersgemeenskap. Die verhaal fokus ook op haar man, Hendrik, se reaksie nadat hy agtergekom het sy’s weg, en hoe hy ook uiteindelik tot ander insigte kom. Die spel tussen man en vrou in ʼn ´´gebonde” situasie word vindingryk weergegee, en die verwikkelde grein van ʼn emosioneel verwaarloosde vrou soos Marta word met fyn insig geteken. Die menslikheid en humor waarmee Baker alledaagse ervarings uitbeeld, is een van die redes waarom haar boeke so gewild is en sy soveel lojale lesers het. Please note: This audiobook is in Afrikaans. 1. Afrikaans. Magda van Biljon. http://samples.audible.de/bk/nbps/000028/bk_nbps_000028_sample.mp3.

Anbieter: Audible
Stand: 26.06.2019
Zum Angebot
Wings for the Fleet als eBook Download von Geor...
42,49 € *
ggf. zzgl. Versand
(42,49 € / in stock)

Wings for the Fleet:A Narrative of Naval Aviation´s Early Development 1910-1916 George Van Deurs

Anbieter: Hugendubel.de
Stand: 08.08.2019
Zum Angebot
Verklaring van Onafhanklikheid, Grondwet en Han...
11,99 € *
ggf. zzgl. Versand

Verklaring van onafhanklikheid, grondwet en handves van regte van die Verenigde State van Amerika Die onafhanklikheidsverklaring is een van die belangrikste dokumente in die geskiedenis van die Verenigde State. Dit was ´n amptelike daad wat deur al 13 Amerikaanse kolonies geneem is om onafhanklikheid van die Britse bewind te verklaar.

Anbieter: buecher.de
Stand: 15.08.2019
Zum Angebot

Stöbern Sie durch unser Sortiment


Alle Angebote

Eine Auswahl unserer Shops

Häufig gesucht